elephantOns bied beide saamry  selfry 4 x 4 toere.    

4 x 4 Selfry toere.

Ons beskou on bure, Botswana en Namibië, as "mak" wêreld wat met die nodige beplaning en deursigtigheid nie moeilik behoort te wees vir die viertrek entoesias om self te ry nie. Daar is natuurlik die uitsonderings (Kaokoveld en Namib woestyn) wat nie sonder die hulp van 'n gids aangepak moet word nie, maar daarvoor stel ek voor dat 'n plaaslik geregistreerde gids se dienste bekom moet word.

Zimbabwe word vir meer as 'n dekade al vermy deur die meeste viertrek entoesiaste, bloot omdat mense onkundig is oor die situasie in die land en wil ook nie gaan sukkel met die beskikbaarheid van brandstof en die basiese voedsel nie. Dinge het verander en toeriste word op die hande gedra. Geriewe is nie nuut nie maar tog skoon en die meeste in werkende toestand. Hier wag 'n groot verrassing kom beleef hierdie pragtige land saam met ons in u eie 4x4.

Verder noord van die Zambesi is dit 'n ander storie, ek dink aan Barotseland in die weste van Zambië, met sy diep sand paaie en vloedvlaktes wat meer verg as deeglike beplanning. Volg die "great east "highway" maak 'n draai in die South Luanga minder bekend by die meeste van ons hier aan die suidpunt van Afrika. Nie ver van daar kruis ons die grens met Malawi. Nog 'n land met vriendelike mense met 'n meer van 365 kilometer lank wat baie beid en 'n moet om te besoek. 

Dan verder noord is daar nog so baie om te sien, beleef en te geniet. Hier dink ek bloot hardop aan die Serengeti, Kilimanjaro, Amboseli, Umsambaraberge, gorillas in Rwanda, Uganda met sy mere en waar die ewenaar gekruis word, die ontspring van die langste rivier in Afrika en die lysie word langer en langer dan het my gedagtes nognie eers in Kenia gedraai nie waar daar nog afstammelinge van afrikaans sprekende boere woon en boer nie.