KGALAGADI OORGRENSPARK - LUUKSE BUSTOER 16 JULIE 2018 - 22 JULIE 2018
Die Kgalagadi (Oorgrenspark) is 'n baie gewilde park en bykans altyd vol bespreek. Omdat huisvesting beperk is, is dit noodsaaklik om vroegtydig plek te bespreek. Ja tot 'n jaar voor die tyd! So om teleurstelling te voorkom doen dit nou. |
"Die plek van die groot dors" is geleë in die noordwestelike vinger van Suid-Afrika. Dit was die eerste formele oorgrenspark in Afrika, en dié afgeleë, ongerepte Kalahari-dorsland van 38,000km² is een van die grootste bewaringsgebiede ter wêreld. Hoekom moet mens gaan? Stilte, ruimte, sand en diere... Op die rooi Kalahari-sandduine in die suidweste, en Kalahari-doringveld in die noordooste kan jy onder meer leeus, jagluiperds, luiperds, gevlekte hiënas sien, asook 'n oorvloed van gemsbokke, springbokke, elande en blou-wildebeeste. Daar is ook meer as 300 voëlspesies, maar veral roofvoëls te sien. Slegs by Twee Rivieren is daar selfoon ontvangs, so u kan weer gaan beleef hoe salig was dit voor die dae van selfone. Waar bly ek as ek gaan, wat is daar nog en wat is uitgesluit? Daar is chalets in die park waar in ons tuis gaan. Nie orals is daar krag nie, by van die kampe is dit ligte uit om 21H30 tot 05H00 die volgende oggend. Daar is wel 'n winkeltjie in elke kamp indien u iets vergeet het, maar moet nie te veel verwag nie. Alkoholiese drank, gebottelde water, gas koeldrank is nie ingesluit nie, maar die park bewaringsfooie "Conservation Fees" van R76-00 per persoon per dag is wel by die toerprys ingesluit. |
Die KGALAGADI NASIONALE PARK is deel van die groter Kgalagadi Oorgrens Park waarvan die grootste deel aan die Botswana kant van die Nossobrivier lê. Daar is nie olifante, seekoeie of krokodille nie, maar is bekend vir die groot Kalahari leeus met hul swart maanhare wat beroemd is vir hul astrantheid en dan ook nog die groot Suid-Afrikaanse Gemsbok. Ons vertrek soggens vroegdag sodra die hekke oopmaak om wild te besigtig en stop by watergate om die diere van die Kalahari in te wag as hulle hul dors kom les. Mens weet nooit wat daar gebeur het gedurende die nag of nog, as jy gelukkig is, voor jou gaan gebeur nie. Sodra dit begin warm word gaan ons terug na die kamp waar ons eers iets gaan eet en rustig verkeer tot later wanneer dit koeler raak en ons weer op 'n middag uitstappie vertrek. Na aandete kuier ons rustig buite die chalets en ervaar net die rustigheid van die aand met jakkalse wat in die verte roep. 'n Rustigheid wat mense op geen ander plek as die Kalahari sal ervaar nie. Waar bly ek, watter ander geriewe is daar, wat is ingesluit, wat is uitgesluit en wat moet ek weet? Ons gaan in die park chalets tuis of soos beskryf in dag uiteensetting hieronder. Nie orals is daar 24/7 Evkom krag nie. By van die kampe is dit ligte uit om 21H30 tot 05H00 die volgende oggend. Daar is wel 'n klein winkeltjie in elke kamp indien iets vergeet is, maar bloot net die basiese, so moet nie veel verwag nie. Luukse busvervoer met goeie lugversorger, gemaklike sitplekke en die nodige omsetter vir die laai van kamera batterye. Vir die baggasie is daar 'n stofdigte sleepwa. Twee etes per dag met gebottelde water op die bus. Die bewaringsfooie wat SAN Parke hef "Conservation Fees" van R76-00 per persoon per dag is ingesluit. Ons het 'n satellietfoon wat ons tussen 07H00 en 08H00 en weer tussen 19H00 en 20H00 aanskakel vir ingeval van nood. Die nommer word net gegee vir daardie doel. - Gaste gemoedsrus. Alkoholiese drank, gebottelde water vir gebruik in chalets en gas koeldrank is uitgesluit. Pak asseblief handdoek en seep in. Nie alle chalets verskaf handdoeke nie. U kan snoepgoed, koffie of tee saamneem vir chalets. 'n Flits kan handig wees na ligte uit, toe gemaklike stap skoene en insektegif. Kamera en verkyker as u het maar is nie verpligtend nie. Die Kgalagadi leen hom tot goeie fotografie. Wild kyk met vierwielaangedrewe park voertuie is as opsioneel beskikbaar by al die kampe en dus nie ingesluit by die toerprys nie.
|
Dag 1 |
Ons vertrek vanaf Kimberley ry oor Upington en Andriesvale, oornag by die nuwe Kgalagadi Lodge so 5km vanaf die park ingang. (Luukse chalets op duin met uitsig oor Botswana) |
Dag 2 |
Na ontbyt gaan ons die park binne by Twee Rivieren en volg die Aubrivier tot by Mata Mata waar ons die volgende twee nagte in die park se nuwe Rivier Front Chalets oornag. Ons gaan ry 'n draai in die laat middag en keer terug net voordat die hekke sluit. Daarna is ons rustig en geniet 'n heerlike aandete in die rustigheid van die Kalahari. |
Dag 3
|
Ons vertrek vroeg oggend en gaan kyk wat het gebeur deur die nag by die naby geleë watergate. Kom terug na die kamp vir ontbyt. Verkeer rustig verken die omgewing. By Mata Matakamp waar ons vir twee nagte oorbly, is 'n skuiling van waar diere rustig by die watergat gekyk kan word. (Of van die stoep van die chalets!) |
Dag 4 |
Ons moet Mata Mata kamp, groet, oppak en vertrek na ontbyt na Nossob. Ons ry met die duine pad. Stop by die watergate in die omgewing, dit is leeu-wêreld. Die natuur sal ons nie teleurstel nie. Kom en word deel daarvan. By Nossob oornag ons ook in die nuwe rivierfront chalets wat uitkyk oor die watergat. |
Dag 5 |
Eers vroeg uit die vere om die nabygeleë watergate na te ry. Kom terug vir ontbyt verkeer rustig verken omgewing. By Nossob is 'n swembad vir die wat wil swem. Daar is ook 'n voelkykhut wat uitkyk oor 'n verligte watergat so daar mag dalk net iets die opwagting maak. By beide Nossob en Mata-Mata is vir die wat belangstel geleenthede om 'n nag-wildbesigtigingsrit te onderneem. Dit is egter opsioneel en nie by die toerprys ingesluit nie. Dit kan by enige van die kampe waar ons oornag gereël word. |
Dag 6 |
So kom alle goeie en lekker dinge tot 'n einde. Ons vertrek vandag terug na Upington waar ons by die nuwe Tshahitsi lodge oornag. Op Upington is vir die Donkie en Kameel elk 'n standbeeld gebou is. |
Dag 7 |
Na ontbyt vertrek ons terug na Kimberley. Ons verwagte aankoms behoort ongeveer 13H0 |