

4 X 4
selfrytoere na die volgende gebiede:
Van einde Oktober tot begin
Desember vind die tweede grootste wildebees migrasie in Afrika hier in die
Liuwa Nasionale Park plaas. Troppe van duisende wildebeeste is elke jaar
gedurende hierdie tyd gekonsentreer in die suide van die park. Met kalftyd
middel November is die uitgestrekte grasvlaktes ‘n skouspel van klein en
groot wildebeeste. Met so baie van hulle is dit ‘n fees vir die gevlekte en
bruin hiënas wat die hoof roofdiere van die gebied is. Oppad na die Liuwa
oornag ons by die Sioma Ngonge-valle en kruis die magtige Zambesi, met ‘n
makoro om, om hierdie skouspel van nader te besigtig. Van Mongu na Kalabo
moet ons die Zambesivloedvlakte van ongeveer 40 km oorsteek.
Om hierdie uitsonderlike migrasie
te ervaar, laai jou 4 X 4, gordel vas vir ‘n tiendae lange selfrysafari
waarvoor ons ontbyt en aandete voorsien.
Alle voertuie in die konvooi word
‘n met geslote kanaal tweerigtingradio vir die duur van die toer toegerus.
Ons voorsien ook herwinningstoerusting wat veral vir vloedvlakte benodig mag
word.
Verdere navrae.

Vir die wat nie nodig het om
dadelik terug te gaan huistoe nie is daar die moontlikheid om saam met ons
die Kafue Nasionale Park te gaan geniet. Ons kamp op die walle van die
Kafue, by die samevloeiing met die Lufupa. Hierdie is luiperdwêreld, om
hierdie katte beter te sien onderneem ons ook ‘n nagrit. Van die noorde
beweeg ons al langs die magtige Kafue-rivier suid. Oornag by een van die
prag lodges aan die rivier, kry ‘n blik van een van Zambië se groot damme,
die Itezhi Tezhi-dam. Hierdie toer eindig by die Victoria-valle
Vir hierdie been van die
selfrysafari het jy ‘n viertrek voertuig, jou tentjie en as jy ‘n lyntjie
natmaak, visstokke plus daardie toorgoedjies om die grotes te vang nodig.
Ons sorg vir ontbyt en aandete. Tweerigting radios word voorsien vir die
duur van die toer en herwinnigstoerusting is standaard toerusting in ons
voertuig.
Verdere navrae.
|