 |
|
Dit
wil voorkom asof die buitelewe tydskrifte nou almal iets oor hierdie roete
publiseer en natuurlik sal dit die belangstelling van die viertrek entoesias
prikkel. Voordat hierdie avontuur aangepak word, gaan sit stil en beplan
deeglik.
Die roete: Waar om te bly, wat om te sien, wat om
saam terug te bring...
Eerstens - hierdie gebied kan nie sonder `n gids besoek word nie.
Ons het van Johann du Toit van Oudtshoorn se dienste gebruik gemaak, beter
bekend as JJ4x4 Avonture. Johann het `n samewerkingsooreenkoms met Volker Jahnke
van Coastways Tours in Lüderitz. Coastways het `n konsessie om toeriste vanaf
Lüderitz na Saddle Hill te neem.
Uri Adventures van Windhoek neem weer besoekers in die noorde van
Walvisbaai na Conceptionbaai.
Daar is ook weer `n samewerkingsooreenkoms tussen Coastways en Uri wat
“sandentoesiaste” vanaf Lüderitz na Walvisbaai neem.
Die
middeljarige, Volker Jahnke, `n Duits-sprekende “suidwester” ken hierdie gebied
soos die palm van sy hand. Die jonger Rossouw Aggenbach van Uri is ook `n kenner
van sy gebied. Kalbas Nell het JJ4x4 Avonture verteenwoordig met ons avontuur.
|
 |
As
bevestiging het ons `n deposito so ses maande voor die avontuur betaal. `n Maand
voor die tyd het Kalbas ons besoek om die voertuie te inspekteer. Hierdie
inspeksie was gemik om te verseker dat hegtingspunte voor en agter wel geskik is
om `n weerstand van tot twaalf ton te hanteer.
Waarvoor laat jy jou in, wat gaan saam en wat bly. Hier is `n paar wenke, neem
maar kennis daarvan ons het die Namib se sand getrotseer.
|
|
Hier moet jy
weet
waarvoor jy jou inlaat! |
|
|
-
Pak
so lig as moontlik, haal liewer die kappie van jou bakkie af, en geen dakrakke
word toegelaat nie. `n Kappie mag help om die sand te keer, as die wind waai
keer niks die Namibsand nie. Daardie ekstra gewig wat jy tuis los is `n bate.
-
Alles moet kan vasgemaak word, ek bedoel goed vasgemaak!
-
Brandstof vir 650 km. (Petrol werk op 3 km per liter, Diesel so ‘n bietjie
beter @ 4 km per liter)
-
JJ4x4 Avonture het vir ontbyt en aandete gesorg. Hulle het ook die skottelgoed
voorsien en gewas. Iets om aan te peusel gedurende die dag en `n klammigheid
om die keel nat te hou is jou verantwoordelikheid.
-
`n
Goeie pomp om bande gou te pomp. Die soort wat van die voertuig se kragbron
werk is soveel meer gemakliker op die rug. Die slim manne praat van hulle ry
met bande wat .9 gepomp is. Glo my daar word druk verminder en vermeerder.
-
Die
breedte van die band loopvlak speel ongetwyfeld `n groot rol. 265 en breër
word aanbeveel. Volker se voertuig het 285’s op. Met ons groep was daar een
voertuig met 245’s en hy het verskeie maal `n band gehad wat afgetrap het.
-
Terwyl ons nou met bande besig is, slegs die binnebandlose word toegelaat. As
gevolg van die lae banddruk waarteen bande gery word werk binnebande nie. Vir
dieselfde rede is (splitrims) ook buite die kwessie.
-
Water vir was en drink, bring vir jou saam waaraan jy gewoond is, in die Namib
is `n omgekrapte maag nie `n plesier nie.
-
`n
Tent of as jy onder die sterre wil slaap ook goed, onthou die wind mag waai en
langs die see reën dit in die woestyn. Tentpenne hou nie in die sand nie so
werk iets uit om te voorkom dat die wind jou huis wegwaai. `n Tou waamee jou
tent aan jou voertuig geheg kan word, word aanbeveel.
-
Klere: In die aand is dit koel tot koud en in die dag kan dit warm word.
Gemaklike skoene daardie sand kan warm word.
-
Hierdie is nie `n avontuur wat jaarliks herhaal word nie, so kameras om vir
altyd hierdie onvergeetlike gebeurtenis te verewig. Verpak alles afsonderlik
in plastiese sluitbare sakkies ("Ziploc's"). Onthou ook om die kamera weer daarin
terug te plaas nadat dit gebruik is. Sand kruip in waar dit die minste verwag
word. Met die hedendaagse tegnologie tot ons beskikking is `n digitale kamera
met ekstra geheue en / of skootrekenaar die antwoord.
-
`n
Kopliggie werk uitstekend, indien nog nie daarin belê is nie, oorweeg dit.
-
Dit
is nie nodig om enige herwinningstoerusting saam te neem nie, Volker is
toegerus en dit word gebruik.
Indien
moontlik maak voorsiening om `n dag of wat voor die avontuur begin in Lüderitz
te arriveer. `n Dorpie met baie besienswaardighede en Duitse karakter. Dias, die
seevaarder, het ook `n kruis hier geplant. Onthou ook om pen en papier saam te
neem vir notas, Volker is bekend met die Namib en deel baie interessante
inligting.
Al
gehoor van die Khoigabpan met 9 maal meer ondergrondse water as Hardup,
Namibië
se grootste dam. Van Moses Kahn, `n vliegveld in die woestyn, van Susie en die
Dozer om jou belangstelling te prikkel. Daar is nie net sand in die Namib nie -
daar is `n geskiedenis.
|
Die
eerste skof was vanaf Lüderitz terug met die teerpad in die rigting van
Aus vir
so 30 km, dan met die Namwater grondpad. Uit hierdie grondpad draai daar `n
tweespoor sandpad na links wat jou die Namib in neem. Hierdie sandpad is by tye
hard, kronkellend, met lang geleidelike opdraendes tot bo-op `n duin gevolg met
`n skerp afdraend af. Onder die duin kan die sand weer wissel van hard tot sag
en baie sag, aan `n verskeidenheid ontbreek daar niks. Die eerste dag se 210 km
het nog gedeeltes oor sandfossiele ingesluit. Die kraai sou hierdie afstand baie
verkort het na Lüderitz. Die eerste nag in die Namib is agter `n groot duin wat
die Urihaugab kamp heet. |
 |
| |
|
'n
Rare gesig - 'n wildeperd sommer
so by die padaanwysingsbord |
Dag
twee is in duinstrate en oor duine in die rigting van die see. Afstand gewys nie
ver nie, net 69 km, dit het `n dag geneem om dit te voltooi. Daar was darem tyd
toegelaat om te speel en bestuursvernuf te toets. Kamp hoog op `n koppie langs
die see naby Sylvia Hill. Dag drie nog minder, net 47 km, al oor die groot duine
met diep waaigate orals ingeets wat vernuf en konsentrasie verg, beland in een
van hulle en uitkom is nie gewaarborg nie. Kamp 3, is op die strand agter `n
groot duin, naby die see.
Dag
vier word vir kilometers op die strand gery, tussen die see en die duine, by tye
lek die see weer die spoor van die voertuig voor of agter glad. `n Draai word by
Fisher’s Brunn gemaak, al gewonder wat word van die water wat by
Sossusvlei in
die sand verdwyn?. By Meobbaai is daar houthuisies waar die hengelklub visvang
vir navorsing. Met ons besoek het die totaal wat gevang, gemerk en weer
teruggegooi was op 40,490 gestaan. Op die strand by Meobbaai lê daar vir `n paar
kilometer walvisbeendere wat uitgespoel het toe daar nog jaggemaak was op
hierdie diere. Hier in die omgewing van Meobbaai was daar groot gemyn. Verskeie
oorblyfsels is nog sigbaar van gereedskap wat gebruik was om die blink klippies
uit die sand te haal.
Dag vyf is weer nader na die
see oor `n paar groot duine en verby die Eduard Bohlen wat op 5 September 1909
hier gestrand het met `n vrag mynboutoerusting. Die kuslyn het sedertdien
drasties verander wat maak dat die oorblyfsels van die boot ongeveer 800 meter
van die water in die woestyn lê. Van daar is dit weer strandry vir `n groot deel
op die strand tot by die oorblyfsels van die Shawnee wat in 1974 hier gestrand
het. Hierdie Amerikaanse "tuck" boot is byna begrawe onder die Namib sand,
anders as die geraamte van `n mens wat weer oopgewaai is en net agter `n klein
duintjie naby die see lê. Nadat daar weer `n bietjie in die groot duine gespeel
is en `n draai by die ou vleisinmaak fabriek gemaak is, is dit weer terug na die
groot duine kamp 5 is agter `n ou grootte, hier het URI Adventures `n kamp
gemaak vir besoekers om die laaste nag oor te bly nadat nog 114 km in verskeie
vorms van die namibsand agter die rug is.
Dag ses begin
agter die groot duine tot op die stand waar die duine gegroet word en vir
kilometers weer op die strand gery word verby die soutwerke buite Walvisbaai tot
in die dorp. Afgesien van die paar duine tot by die see is hierdie 63 km maklike
strandry. Na hierdie avontuur is `n warm stort of bad aan te beveel.
Bespreek dus vroegtydig en geniet dit. Dolphinpark word aanbeveel.
|
|
 |