 |
|
Die roete: Waar om te bly, wat om te sien, wat om
saam terug te bring...
Waar is hierdie park?
Die afdraai na hierdie
nasionale park is 19 km vanaf Barkly-Wes op die R 31 na
Kuruman. Draai regs by die “Longlands”
afdraai. ‘n Kenmerkende bruinbord met die woorde “Vaalbos
National Park” is ietwat versteek so ‘n klompie meters voor die afdraai.
Volg die gruispad, wat redelik sinkplaat gery is, vanweë die delwerye, vir sowat
5 km, kruis die Vaalrivier oor die brug, wat jou nie aan ‘n paaie departement se
werk herinner nie, nietemin dit help jou om die rivier te kruis, draai links en
jy word ingewag deur ‘n baie vriendelike beampte van die parkeraad by die hek.
 |
Die park van
23 000 hektaar is in September 1986 geproklameer en bestaan hoofsaaklik
uit savanna grasvelde met kameeldoringbome, doringbosse en vaalbosse
vanwaar dan ook die naam van die park. Hierdie gebied is ook deel van die
area waar diamante vroeg in die 20ste eeu ontdek is en daar is nog steeds
tekens van ongerehabiliteerde delwerye in die park. Die landskap wissel
van rooi / geel sand, klipperig op die hoër gebiede tot ‘n kleigrond nader
aan die rivier. Dit is somerreën gebied met ‘n gemiddelde reënval van
ongeveer 400 mm per jaar. Temperature van so hoog as 44º C in die somer en
koue winters met ‘n daling in die kwik tot -4º C is normaal. |
|
En die jaar was
goed... |
|
Akkommodasie:
Ten volle
toegeruste selfsorg chalets wat slaapplek bied aan vier persone en daagliks
gediens word deur parkeraad personeel is beskikbaar, bring net jou eie ete en te
drinke. Van die drie chalets is een toeganklik vir gestremdes. Hier is ons in
die natuur met geen omheining.
Die park bied
ook geleentheid vir dagbesoekers om in die koelte van kameel, haak-en-steek
doringbome op die walle van die Vaal te ontspan.
Ongeveer 17 km van die hek is daar ‘n kampterrein met 11 staanplekke
tussen en onder doringbome wat baie privaatheid bied. Elke staanplek is
toegerus met ‘n geboude sement tafel en bankies asook ‘n braai area.
Waterkrane is op strategiese plekke tussen staanplekke aangebring. Was en
toilet geriewe is beskikbaar met buitelug storte wat almal, wat vir die
eerste keer daar kom aan die praat het. Gasverwarmers is beskikbaar vir
warm water wat dan met ‘n maatemmer na die “buitestort” geneem word. Vul
die sinkemmer met stortkop, katrol die emmer met warm water op en geniet
‘n opelug stort. Daar is twee emmers om lekker “lank” te stort! |
 |
|
Die opelug stort wat almal aan die praat het. |
Padnetwerk binne die
park: Van die
ingangshek is daar ‘n gegruisde pad na die kampterrein, met twee sirkel roetes
van onderskeidelik 9 en 12 km aan die weste en oostelike kante van die terrein.
Afgesien van hierdie paaie wat toeganklike is vir sedan motors is daar ook ‘n
eko-roete van 35 km waarvoor ‘n hoër voertuig benodig word, ‘n viertrekvoertuig
is nie nodig nie maar maak die rit net ‘n bietjie gemakliker. Die totale afstand
van die eko-roete is ongeveer 55 km wat toeristepad insluit, hierdie roete word
strek aanbeveel en moet nie uitgesluit word van ‘n besoek aan die park nie.
Diegene wat nie oor ‘n geskikte voertuig beskik nie kan met ontvangs reël vir ‘n
besoek met ‘n parkeraad voertuig
| Diere in die park:
|
|
|
 |
Daar is min parke so
groot soos Vaalbos, waar buffels, wit en swart renosters, gemsbokke en die
skaars bastergemsbok (Roan), blou wildebeeste, rooi hartbees, basterhartbees (Tsessebe),
koedoes, kameelperde, elande, zebras, springbokke, duikers en steenbokkies op
een dag met ‘n rit in die park gesien word. |

|
|
Bastergemsbok (Roan)
|
Dan praat ons nie van die baie vlakvarke met kleintjies en kenmerkende
regop stertjie wat met gereelde tussenposes in die gras langs die pad hul
verskyning maak nie. Wat opvallend was dat ons met ons besoek nie enige
jakkalse gesien het nie maar hul kenmerkende geroep in die nag was nie
stil nie, maar sterk hoorbaar naby die kampterrein. |
Blou Wildebeeste
|
 |
 |
|
Kameelperde
|
Basterhartbees (Tsessebe)
|
 |
 |
 |
|
Swartkorhaan |
Pofadder |
Buffel |
|
|
Video van
stoeiende Rooihartbeeste
|
|
|
Volgens
inligting beskikbaar by ontvangs is daar nagenoeg 171 verskillende voëlsoorte
aangeteken wat hul tuiste in die park gemaak het.
Die area
is ‘n malaria vrye gebied. Die kampterrein is egter oortrek met duwweltjies so
moet nie eens probeer om die skoene by die huis te los nie.
Alhoewel die
hek in die somer om 19:00 en 18:00 in die winter sluit was dit opvallend hoe
baie besoekers laat arriveer, laat jou weereens wonder of die goedgunstigheid
van die ontvangs- personeel nie uitgebuit word nie. Met ‘n jaarlikse besoekergetal
van net meer dan 3 500 en ‘n hangende grondeis kan besoeke van inwoners van
omliggende dorpe soos Barkly-Wes, Kimberley en ander
Noord-Kaapse dorpe hul steun op die voortbestaan van Vaalbos afdruk.
|
Wat kos dit:
Chalets. R
350.00 per dag.
(1-4 persone) Addisionele volwassenes R100.00, kinders R50.00,
onder 2 jaar is
gratis.
Maksimum 6 persone per chalet.
Kampeer:
R 75.00 per dag (2 persone).
Addisionele volwassenes R35.00 per persoon en kinders R17.00 per kind.
Eko-roete: R 85.00 in eie voertuig en
R65.00 per persoon in park se
voertuig.
Dag en
oornag besoekers: “Wild Card” inligting beskikbaar by
SANParke.
|
|
 |