Kom saam...   bos toe!

TOERE - Klik hier vir meer inligting...

Toerusting

       Hoofblad

 Waarom Bostoe?

Reise en Roetes

Toerusting

Toere

 

 

Terugvoer

Kontak Ons

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld  

      

       Toerusting... bekostigbare idees!

Een van ons oogmerke is om toerusting so gebruikers vriendelik te maak en ook bekostigbaar.

Omdat ons Defender entoesiaste is het ons toerusting ontwerp wat in die Land Rover Defender pas. Om aanpassings te maak vir ander voertuie is ook moontlik.

Eerstens het ons die sitplekke wat agter in die laairuimte gepas het verwyder en die gedeelte wat as voetspasie gedien het, gevul met twee uittreklaaie. Hierdie laaie is van hout en oorgetrek met mat. Stewiger kan jy nie kry nie, ligter ja, maar teen tien keer die prys.  
     


 

Nou dat ons die voetspasie gelyk gemaak het met die res, kom ‘n houtblad wat ook oorgetrek is met mat, bo-op die laaie wat tot aan die sye strek, hierdie blad is nou jou oppervlakte waarop alles vasgemaak word soos die rakke vir die plastiek houers ("ammoboxes").

Daar is genoeg plek vir twee stelle rakke, een aan elke kant. Elke rak huisves drie houers, (Een hoë deksel en twee plat deksels). In ‘n plat deksel houer kan genoeg klere vir een persoon vir twee weke in die bos gepak word. Hierdie houers is beskikbaar in ‘n verskeidenheid van kleure, so dit is nie eens nodig om dit te merk wie se klere is in watter houer nie. Mits verskillende kleure aangeskaf is. Ek is nie ‘n voorstander om gebruikte houers by Weermag veilings te koop nie, veral as dit later gebruik wil word om in buurlande te gaan wegbreek nie.

Terwyl ons nou met hierdie houers besig is, dit is by uitstek die mees doeltreffende houer om aan te skaf. Afgesien van die kleur verskeidenheid is daar ook ‘n keuse van ‘n plat of hoë deksel. Die basis gedeelte bly dieselfde.

Die voordeel van hierdie houers in rakke is dat enige houer uitgehaal kan word sonder om alles af te pak. Normaalweg werk dit mos so dat die item wat jy soek in die onderste houer is. Dit maak die lewe net daardie ekstra bietjie gerieflikker.

 

Voor die houers is daar nog genoeg plek vir ‘n 80 liter National Luna vrieskas. Toegang tot die vrieskas is van binne en werk heel doeltreffend.

Een van die grootste probleme wat jou seker kan tref in die bos is vuil brandstof.

 

Ek moet erken dat die houers wat ek vir die Jerriekanne gemaak het swaarder is as die meeste op die mark.

 Hierdie houers is stofdig, raasvry, kan stewig op ‘n dakrak geheg word en kan ook gesluit word. 

Dan praat ons nie eens van die netjiese voorkoms nie. Houers is beskikbaar om een of twee jerriekanne te vat.

(Links die hegtingspunte, en regs, netjies uitgeplak met mat wat geraas demp en die kanne beskerm.)
 

Met ‘n daktent is dit nie altyd moontlik om in die koelte van ‘n ou kameeldoring te gaan staan nie, so ons het ook koelte nodig.  Ek het vir my koelte geprakseer van skadunet (98%.)  Hierdie “prakseersel” bied ‘n verskeidenheid van opsies.
 

1. (Regs) Koelte met ‘n opsie om ook daardie geniepsige windjie te stuit.

 

2. Koelte aan die sy en ook agter die voertuig. 3. Of net agter.
   
Water is ook baie belangrik. My nuutste patent is ‘n tenk wat nog oorgetrek moet word met dieselfde skadunet. Die tenk word op die dakrak aangebring en het ‘n stukkie tuinslang wat na ‘n kraantjie onder die trapleer gaan. Maak seker dat die tenk stewig vas is, die bande wat ons gebruik het werk nie veral as die pad ongelyk is en die water spasie het om te skommel.
  Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld