Kom saam...   bos toe!

TOERE - Klik hier vir meer inligting...

Stuurmansfontein

       Hoofblad

 Waarom Bostoe?

Reise en Roetes

Toerusting

Toere

 

 

Terugvoer

Kontak Ons

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld  

 

Roetekaart:

GPS Koördinate:

*Klik op die kaart vir 'n vergroting

 

*Klik hier om 'n .zip lêer af te laai
met die roete se GPS Koördinate


GPS Koördinate  (.zip 2KB)

 

Die roete:  Waar om te bly, wat om te sien, wat om saam terug te bring...

As jy op soek is na stilte en geleentheid om vir 'n slag "kopskoon" te maak is Stuurmansfontein in die Karoo die plek om te besoek.

 

Sonsopkoms by Stuurmansfontein

     

Waar is hierdie plek en hoe kom jy daar?  Dit is 'n onbewoonde plaas in die hart van die Karoo in die Carnarvon distrik. Volg die R63 vanaf Carnarvon na Williston vir 30 km en draai dan regs af op die grondpad wat duidelik gemerk is.  Piet en Charmaine Botha sal jou verwelkom na 24 km op Bethlehem. Geniet 'n koppie koffie, kry die sleutel by hulle en volg die tweespoor plaaspad vir 'n verdere 5 km tot by Stuurmansfontein. Die paaie is almal geskik om met 'n gewone sedan motor gery te word. Viertrekvoertuie en bakkies maak dit net 'n bietjie makliker.

 

Wat bied Stuurmansfontein?  'n Korbeel huis, ten volle toegerus om vir 4 persone, die geleentheid te gun om een van Suid Afrika se bes bewaarde historiese erfenisse te geniet en die horlosie terug te draai tot die begin van die vorige eeu. Die nagte is soveel meer donkerder en die sterre, vir die ster-entoesias, soveel meer helderder. Stap geleenthede vir die wandelaar en ontdekker asook 'n informele viertrekroete. Vir die wat nie wil dink aan iets maak om te eet nie sal Charmaine sorg mits daar met haar vooraf gereël word anders kan jy self gaan kook en braai in die asbosskerm.  

Die korbeelhuis

As hierdie deel van ons land se geskiedenis jou interesseer kontak ons.

Die asbosskerm waar self
gekook en gebraai kan word

 

 

  Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld
 

Terug na Roetes