|
TERUGVOERVORM.
Om ons te help om ‘n beter diens te lewer sal ons u terugvoer
baie waardeer. Enige iets wat u reken ons kan verander kan vir
ons van hulp wees daarom sal ons u terugvoer op die volgende
vrae hoog op prys stel.
1.
Was die voedsel wat voorsien was genoeg. Het u dit geniet en
was dit smaakvol voorgesit. Wat sou u verander het as u dit
moes doen.
As Susan moet verbeter op haar kos, dan sal dit ‘n sonde
wees. Om wildsboud van 5 * gehalte in die middel
van ‘n bergwoestyn voor te berei wil gedoen wees. PS. Om
van die roomys nie eens te praat nie!!!!!!!
2.
Wat die toer betref het dit aan u verwagting voldoen.
Wat die omgewing betref – dit het my wildste gedagtes
oortref. Het nie vooraf veel gelees nie, maar was spyt dat
my tuisnavorsing nie voldoende was nie. Die tipe omgewing
wat besoek word is uniek en as natuurliefhebber het dit my
oë weereens oopgemaak vir ons Magtige Skepper van hemel en
aarde. Geen mens kan so-iets beleef en onaangeraak daar
weggaan nie
3.
Wat was die hoogte punt vir u gewees en waarom.
En route na De Koei. Al die wonderwerke tussen die klippe,
die fynste fyn blommetjies in die totale ongereptheid. Die
hele omgewing praat met jou in ander tale as wat vir die
menslike oor hoorbaar is..
4.
Waarvan het u nie gehou nie en waarom nie. Hoe sou u dit wou
verander.
Om te sê dat ons nie daarvan gehou het nie, is baie kras
gestel, maar ons sou graag in Kokerboomkloof wou oorbly
aangesien sekere paaie gesluit is en jy nie by alle
besienswaardighede kan uitkom nie, en weereens afhangende
van jou persoonlikheid – dit sou lekker gewees het om in die
veld rond te stap en die rotsformasies van naderby te
beskou. Die nietigheid van die menslike natuur word weereens
beklemtoon in die teenwoordigheid van die totale grootsheid.
5.
Is
genoeg tyd gegee vir besigtiging en inligting.
Baie dankie, dit het vir geen oomblik gevoel asof ons
aangejaag is om verder te ry nie, en ons is ook die vryheid
gegun om ‘n ekstra tydjie tussen die plante te spandeer.
Wat die inligting betref, dit is moeilik om binne 1 of 2
besoeke alle inligting en geskiedenis omtrent die area te
onthou, maar ek sou dink dat dit baie belangrik is dat die
gidse goed ingelig is omtrent die area sodat vrae gemaklik
beantwoord kan word. Afhangende van die groepe wat betrokke
is – sommige wil gevoer word met inligting en andere het
klaar hul huiswerk gedoen en sal dalk net ‘n paar vrae vra
wat vir hulle onduidelik is.
6.
Wat is u indrukke van die gebied, waar sou u meer tyd wou
bestee en waarom.
Die totale grootsheid en kontraste in die gebied het my
heeltemal verras. Vir my eie persoonlike ervaring sou ek
meer wou afdwaal van die hoofroetes en meer ingaan op die
geskiedenis van die area, asook sekere van die
sirkelstaproetes wou doen, veral om die permanente waterval
te wou sien – net om te sien of dit regtig moontlik kan wees
dat daar in die barre area met groot watertekorte ‘n
permanente waterval kan wees. Dit is egter moeilik om met
groepe af te wyk van die hoofbesienswaardighede, maar dalk
sal dit die moeite werd wees om te ondersoek. Ek dink egter
elke groep het sy eie meriete en dat dit moeilik as individu
is om te bepaal wat vir ‘n volgende groep belangrik sal wees
om te sien. Party sal meer van die voëllewe teen die rivier
wil sien en ander sal meer omtrent die diverse plantegroei
van die omgewing wil ervaar. Met ‘n vooraf vraelys kan
verskillende groepe dalk geìdentifiseer word.
7.
Watter gedeelte sou u nie wou besoek het nie en waarom nie.
Indien jy al ‘n paar besoeke aan die Richtersveld gebring
het, eers dan dink ek kan jy selektief begin besoek, maar
tot dan is ek bevrees is daar geen gedeelte waar ek nie sal
wil heengaan nie. Die area groei op jou en ek glo na baie,
baie jare se ondervind en ervaar sal jou “ervaringspotjie”
nog nie gevul kan wees nie, bloot omdat elke tydstip van die
jaar ‘n ander gesig aan jou gaan wys.
8. As
u verantwoordelik was vir die reelings wat sou u anders
gedoen het.
Probeer om so min as moontlik paaie 2 keer te ry en B. Dalk
die droë dele van die park eerste besoek, nl. die
binnelandse staanplekke en dan die riviere, maar ek verstaan
dat daar ‘n ongeskrewe reël bestaan, dalk kan mens net so ‘n
klein bietjie daar rondom werk.
9.
Uit ‘n koste aspek het u waarde vir u belegging gekry.
Indien nie wat dink u sou ‘n billike koste wees vir wat
aangebied was.
Geen probleem nie
10. As
u vriende u vra oor u wegbreek saam met bostoe wat gaan u
hul antwoord.
BOSTOE EN CIE
11.
Sal u weer in die toekoms saam met ons wil gaan toer en
indien wel waarheen.
Mosambiek en Kenya???????
Ronel Theron. Brackenfel. E-Pos:
ronel@werdacargo.co.za
|