 |
|
|
Die roete: Waar om te bly, wat om te sien, wat om
saam terug te bring... |
|
In Junie / Julie 2003 het ons vanaf Namibië,
Botswana binnegegaan by die nuwe Dobegrenspos. Soos alreeds
gesê met my
Namibiese inligting hierdie grens is baie stil en alles word baie
deeglik nagegaan. Aan beide kante beman die militêre polisie die pos.
Ons kan met baie oortuiging sê dat alle Namibiese en Botswana grenspos
personeel baie vriendelik en hulpvaardig was met al ons besoeke aan
hierdie lande.
Van die grenspos is ons na die dorpie
Dobe
waar ons regs in 'n suidelike rigting gedraai het verby die Aha heuwels na
die dorpie / nedersetting met die naam Xai-Xai. |
 |
|
Padaanwysings na Xai-Xai |
Hier het ons die hele
dorpie in 'n warboel soos hulle soek na die "officials" en die kantoor
se sleutels waar die boeke is, want ons moet betaal om by die Drotsky grotte
te kan slaap. Daar is nou ook 'n nuwe marmer steen opgerig
waarop Gcwihaba Caves uitgegraveer is met die geskiedenis van die grotte.
Met ons besoek was die weermag besig om sand wat met die jare ingewaai
het weer uit te haal. Omdat die weermag by die hoofkamp intrek geneem
het, het ons besluit om by 'n ander kampterein 'n entjie van die
hoofingang te kampeer. Jy klim af in die grot en kan deurstap na 'n
uitgang, daar is ook 'n toutjie om jou met jou rigting te help.
Vanaf die grotte het ons met die twee spoor
sandpad van 130 km tot noord van Tsau gery. Hier moet jy liefs die
kinders en irriteerende vriende tuis los want die pad gaan aan en aan,
oor duine, in droë riviere en oopgekapte gedeeltes. Die afdraai na die
grotte is nie duidelik gemerk nie behalwe vir 'n klassieke, geen ingang
bord, wat na 30 km verander is as rigtingwyser na Xai - Xai met wit
verf en 'n stuk maskeerband met die woorde "Drotsky Caves".
 |
Die aansluiting met die Tsau
Nokaneng
teerpad is so 11 km noord van Tsau. By Gumare is nou ook vulstasies, een
alreeds in gebruik en 'n ander in aanbou met ons besoek. Wees maar
versigtig en respekteer spoedgrense, al lyk dit asaf hulle vergeet het
om weer die vermindering van spoed by beboude gebiede op te hef, die
bordjies is daar net ver uitmekaar. Daardie aand het ons laat by Drotsky
Cabins gearriveer vanweë die tydsame sandpad en spoed beperkings op die
teer. |
|
'n Biele van 'n kremetart -
kenmerkend van dié gebied.
|
|
Drotsky Cabins op die walle van die
Okavango naby Shakawe is 'n fees. Die staanplekke is heeldag in die koelte en
baie netjies, moet net nie onder 'n worsboom stop nie, want die worse
het 'n geneigdheid om gedurende die nag op jou tent of voertuig te val.
Val dit jou voertuig raak kan daar skade wees om nie van die harde knal
te praat nie, veral af jy diep in droomland is! Ons het basis gemaak by
Drotsky Cabins. Daar kan ontspan word by die kamp of die geselskap van
ander geniet op die dek voor die restaurant en kroeg met 'n oorhang oor
die rivier. Vir die vissermanne is daar geleentheid om bote te huur en
te gaan tiervis vang of net die delta te gaan verken. As hierdie nie in
jou smaak val nie is daar nog die laat middag "sundowners" wat vir geen
geld gemis moet word nie. Bote met drywers en visgereedskap is te huur
van Jan Drotsky. |
 |
|
Daar is 'n ryk voëllewe in hierdie
bome langs die rivier. |
|

|

|

|
|
Slanghalsvoëls en 'n visarend in die
Okavango. |
Die Mahango wildtuin in Namibië is ook baie
naby en kan ook as 'n dagbesoek ingewerk word. 'n Klein wildtuin met
baie diere, ons het ons verlustig aan 'n groot hoeveelheid diere en
voëls soos onder andere, vlakvarke, koedoes, letchwe, swartwitpense, 'n
trop van 23 olifante, 'n seekoei wat buite die rivier rondgeloop het om
net 'n paar te noem. Die volgende is van die geveerde vriende wat ons
tydens ons besoek gesien het, krans en witrug aasvoëls, geelbek- en
swaelstertbyevreters en 'n groot visarend wat hoog in 'n kremetart nes
gemaak het, om 'n paar te noem die lys is nog lank. Verskeie krokodille
het ook in die son lê en bak, of dalk gewag vir 'n ietsie om te vang.
By Mohembe is daar nie 'n brug oor die Okavango nie, maar wel 'n Ferry
wat voertuie en voetgangers daagliks tussen 06:00 en 18:00 gratis oor
die rivier neem.
|
 |
Een van die drie paaie na Tsodilo Heuwels
is nou ook gegruis en neem sowat 45 minute van die teer afdraai, so 'n
dagbesoek is heel moontlik vanaf Drotsky Cabins. Alternatiewelik kan by Tsodilo
gekamp word wat jou meer tyd gee om die verskeie rotstekennige te
bewonder en geniet. Daar is ook 'n museum wat die geskiedenis weergee
asook skoon ablusiegeriewe. Gidse is beskikbaar maar ongelukkig is van
hulle nie 'n ander taal as die landstaal, magtig nie. 'n Besoek aan
Tsodilo Heuwels word verseker aanbeveel. |
|
Rotstekeninge by Tsodilo |
|
|
By Tsodilo Hills het ons, ons toer afgesluit
en weer huiswaarts gekeer oor Sehithwa na
Ghanzi, hierdie pad wat nou
ook geteer is, tesame met die Trans Kgalagadi Hoofweg, maak die noord
westelike deel van Botswana meer toeganklik vir besoekers. By
Kang aan
die Trans Kgalagadi Hoofweg na Namibië, is 'n nuwe Excel vulstasie gebou
met netjiese akkomodasie en kampeergeriewe. |
 |
| |
|
Tsodilo - "Mountain of the Gods" |
|
|
|