
4 X 4
selfrytoere na die volgende gebiede:

Die Richtersveld Nasionale Park
is die enigste bergwoestynpark in Suid Afrika. Geleë in die noordwestelike
hoekie van die Noordkaap aan die grens met Namibië. Hierdie gebied is ryk
aan rotsformasies en vetplante waarvan sommige slegs net hier voorkom.
Afhangend van die reënseisoen is laat winter, vroeë lente moontlik die beste
tyd om hierdie gebied te besoek, ‘n besoek in die herfs is ook hoogs aan te
beveel, veral vir die “beginner” wat graag sy viertrekvoertuig en toerusting
op die proef wil stel of dalk net wil sien of daar lewe is buite die stad.
Ons toere begin op Springbok,
“hoofstad” van Namakwaland en eindig op Kuboes, hoofdorp van die
Richtersveld met ‘n Namakultuuraand. Ons voorsien ontbyt en aandetes.
As stilte ‘n prioriteit is om van
die stad (of dorp) se remoer te vergeet is hierdie net die wegbreek vir jou.
Pak daardie 4 X 4, en kom beproef jou bestuursvaardigheid, op ‘n agtdae
lange selfrysafari.
Spesiale aandag aan nuweling
viertrekbestuurders asook radiokontak met alle voertuie in die konvooi.
Verdere navrae.

Die Kgalagadi Oorgrens Park was
die eerste oorgrenspark in Suid Afrika. In die Park wat grens met Botswana
was daar en is daar nie grensdrade nie, diere kon vryelik beweeg. Nou kan
besoekers dieselfde doen mits daar vooraf die nodige gedoen word by die
grensposte voordat die onderskeie lande verlaat word. Ons besoek beide kante
van die oorgrenspark, begin in die Suid Afrikaanse kant en onderneem ook ‘n
nagrit by Mata Mata. Met die duinepad na Mabuashehube bly ons ‘n nag oor en
geniet die stilte van die Kalahari. Om die ongereptheid van hierdie gebied
te geniet moet u ‘n 4X4 voertuig met ‘n lae strekrat hê. “n Boswa of
veldwoonwa kan gesleep word mits daar genoeg perde onder die enjinkap van
die voertuig is om die duine te kan oor.
Ons sorg, soos met al ons toere,
vir radioverbinding met alle voertuie in die konvooi asook
herwinnigstoerusting en help om die kalaharisand te bemeester.
Ontbyt, aandetes asook
sortgeriewe in die bos word voorsien op hierdie 10 dag selfrysafari.
Verdere navrae.

Nog altyd gedink die karoo is die
280 kilometerlange teerpad van Touwsrivier tot Beaufort Wes, verkeerd!. Kom
saam met ons op ‘n berge en blommetoer in die vroeë lente. Besoek ‘n
Korbeelhuis en gewis jouself hoe ons voorvaders tot so onlangs as die
sestigerjare in hierdie huisies gewoon het. Ons ry met hierdie toer die
agterpaaie, kry ‘n uitsig oor die Tankwakaroo vanaf die Roggeveldberge. Ry
‘n viertrekroete in die Biedouwvallei, stap in die Sederberge en kyk sterre
in Sutherland.
Ons beperk ons toere tot ses
voertuie, voorsien radioverbinding op ‘n geslotekanaal, voorsien ontbyt en
aandete asook genoeg tyd vir besigtiging.
Verdere navrae
|