 |
|
|
Roetekaart: |
GPS Koördinate: |
|
*Klik op
die kaart vir 'n vergroting
 |
*Klik hier
om 'n .zip lêer af te laai
met die roete se GPS Koördinate
GPS Koördinate (.zip 3KB)
|
Die roete: Waar om te bly, wat om te sien, wat om
saam terug te bring...
Ons besoek aan hierdie
Oorgrenspark was gedurende Junie / Julie 2004.
Ons rit na
Twee Rivieren het ons onderbreek en die eerste
nag by die Postma Gastehuis van Sarel en Mariana Le Roux op
Postmasburg oorgebly. Dit is ‘n ou huis met
gerieflike kamers en veilige parkering. Ontbyt is ingesluit by die
oornagtarief. Aandete kan ook voorafgereël word.
Vanaf
Upington ry ons met die R360 na Twee Rivieren.
Bordjies met panname soos Koopan, Rooipan,
Vrysoutpan en Grootaarpan verkort
die goeie 200 km teerpad tot verby Askham. By Askham
vul ons brandstof aan voordat ons die laaste 14 km teerpad geniet tot by
Witdraai. Nou is ons op ‘n grondpad van 60 km.
Hierdie grondpad na Twee Rivieren is die suidelike ingang van die Kgalagadi
Oorgrenspark en die minste grondpad. Met ons aankoms by Twee Rivieren was
daar ook ‘n paar toeriste wat aanhoudend gekla het oor die slegte pad. Die
pad is nie so sleg indien jou voertuig reg is en spoed by omstandighede
aangepas word nie. By die ontvangs word ‘n kennisgewing uitgedeel “Besoekers
se bydrae om die paaie in die Kgalagadi te verbeter” Dit wil voorkom asof
hierdie inligting nie ter harte geneem word deur die meeste besoekers nie.
Ek wil dit tog graag hier herhaal:
| Sinkplaat
paaie word gevorm deur: |
Besoekers
se bydrae: |
-
Los
oppervlak van sand en gruis.
-
Agterwiel spin wat
hopies skop met 4x2 voertuig.
-
Banddruk wat te hoog is.
-
Voertuig in 4 x 2 wat ‘n
sleepwa of karavaan sleep.
|
|
|
Om die omgewing beter te leer
ken en ook die ekologie van nader te leer ken het ons die
Nossob 4X4 Roete bespreek. Die roete word by Twee Rivieren bespreek
maar die res word by die Parkeraad in Pretoria gedoen. Hierdie roete wissel
maandeliks tussen, ‘n Noord - Suid (Nossob na Twee Rivieren) en ‘n Suid -
Noord (Twee Rivieren Nossob) rigting. Ons was gelukkig en kon die moeiliker
roete, die Suid - Noord roete doen. Omdat die heersende winde in ‘n
suidelike rigting waai, was die steilkant van die duine ons voorland. Slegs
5 voertuie word toegelaat. Daar is ook ‘n gids wat met ‘n Parkeraad voertuig
die roete mee maak wat elke Maandag vertrek. Wat die Parkeraad nog nie reg
het nie is hulle rekenaarprogram. ‘n Voorwaarde vir die roete is verblyf
ten minste die nag voor en die nag na die roete by die begin en eindpunte.
Die vertrek tyd is 09:00 en vooraf word twee-rigting radios aan elke
voertuig gegee wat ook nog getoets moet word. Daadwerklike aandag moet aan
hierdie radios gegee word. Met ons uitstappie het net drie van die ses
gewerk. Kommunikasie met alle voertuie is baie belangrik omdat die gids die
geselskap op hoogte hou van alle besienswaardighede. |
|
George Pearson en Rendani
Nethengwe was ons gidse. Ons vertrek net na 9:00 vanaf Twee Rivieren en volg
die toeristepad vir 43 km voordat ons links afdraai tussen die duine in.
Nadat ons agter die eerste duin, uit die sig van die res van die ander
besoekers aan die park verdwyn het, word daar gestop om banddruk verder te
verminder. Omdat die Kgalagadi ‘n wildernisgebied is word daar streng gewaak
dat so min as moontlik van die natuur versteur word, soos dat alle voertuie
net binne die bestaande spore moet ry. Sou dit egter gebeur dat daar teen ‘n
duin met die terugstoot buite die bestaande spore gery word, word hierdie
spore met ‘n graaf weer herstel. Die duine is nie moeilik nie, momentum, en
nie soseer krag is nodig om oor die duine te kom. |

|
|
Alle voertuie moet net
binne die bestaande spore ry. |
| |
|
|

|
Die eerste dag van die
roete kronkel vir 51 km in die duinstrate tussen die duine en oor die
duine. Dit is baie gou duidelik dat dit ‘n goeie reënjaar was. Baie
verdroogde brandboontjies is nog sigbaar wat in blom ‘n ware lushof
moes gewees het. Ons stop by die grootste witgatboom in die park wat
hoog teen ‘n duin staan. In die somer is die Kalahari bitter warm met
temperature tot diep in die 40 grade. In die koelte van ‘n witgatboom
is die temperatuur 21 grade minder. So, met ‘n besoek in die somer
behoort baie diere in die koelte van hierdie bome te sien wees. Die
hongerblom is ook nog mooi in die blom en daar is wuiwende langbeen
boesmangras wat die duinstrate oortrek. Ons kamp die eerste nag
tussen die duine naby ‘n windpomp en dam wat water gee aan die diere
en voëls. Hierdie kamp heet heel gepas “Witgat”
want ons is tussen hierdie bome met sy kenmerkende wit stam.
|
|
Dit groot
witgat boom. |
| |
|

|
By hierdie kampplek is daar ‘n
braai / vuurmaak plek, oop ruimte om ‘n tentjie staan te maak op die skoon
rooi Kalaharisand. Daar is ‘n eko-toilet sowel as ‘n put-toilet en
warmstort. Neem jou eie water saam of gaan haal by die dam en geniet ‘n
stort met die ‘n mooi grasoortrekte duin as uitsig. ‘n Gas stort word saam
gery en die gidse sorg elke aand dat die houtstruktuur skoon is en dat die
sort werk. Omdat hierdie roete in ‘n wildernisgebied is en die moontlikheid
dat wilde diere soos die bekende Kalahari leeu jou kan verras het die gidse
‘n geweer vir beskerming. Voor daar gaan slaap word moet alles wat vir ‘n
jakkals en hyhiëna smaaklik kan wees buite hul bereik gebêre word.
Die volgende oggend nadat almal iets geëet het en alles weer gelaai is begin
ons weer so om en by 9:00 met die duine stoei. Die duine word meer en daar
is ‘n paar wat laat vat. Kort nadat ons vertrek het kom ons by die
onreëlmatige duine. Anders as die duinstrate is die onreëlmatige duine ‘n
sandbank vol kolkgate. Die vaal kameeldorings is ook nou in oorvloed. Die
duineriet groei ook welig. Die vleilelies moes ook ‘n pragtige gesig gewees
het voor die winter want daar is ‘n menige verdroogtes sigbaar. Hier groei
ook ‘n duinganna wat nog mooi groen is. Ons stop by kameeldoringkamp vir
middagete. Hierdie is nie meer een van die oornag kampe nie. Die langbeen en
plataar boesmangras staan ruig. Die Tsammas wat lê soos klippe is nog ‘n
teken dat dit ‘n goeie reënjaar was. Die tweede kamp is Rosyntjiebos en is
65 km vanaf Witgatkamp. |
Onreëlmatige
duine
|
|
 |
|
Tsammas
...........net waar jy kyk! |
| |
|
Ons beweeg nou in ‘n savana
wêreld met baie kameeldorings en swartbasbome. Die derde nag op die Nossob
4X4 roete oornag ons dan ook by Swartbaskamp. Vandag het ons geelhoutbome
gesien. Die boesmans het ook in die koelte van hierdie bome,
volstruiseierdoppe, gevul met water begrawe vir latere gebruik. By een van
hierdie bome het die gidse vir ons gewys waar daar nog leë
volstruiseierdoppe in ‘n mik bewaar word. Die trassiebos, wat van binne vrek
soos die bos groter groei, en dan ‘n kraal vorm is ook volop op hierdie deel
van die roete. By geleentheid het leeus diere in so ‘n kraal vasgekeer. Daar
was ook heelwat Aroebome op die 51 km been van die roete. |

|
| |
'n
Volstruiseier in die mik
van 'n geelhoutboom. |
|

|
Nadat ons weereens baie lekker
in die stilte van die natuur gekamp het begin ons die laaste been van die
roete soos gewoonlik weer 09:00. Ons eerste duin is sommer ‘n ou bielie en
laat die 4x4’s brul. Nadat ons hierdie duin oor is gaan ons in ‘n gebied wat
bekend staan as die panveld. Afgesien van die panne is dit ook oortrek van
swartbas, swarthaak, rosyntjiebos en kameeldorings. Die duineriet wat baie
ruig staan maak van hierdie gebied ‘n ware lushof. Die kniekie, blinkaar en
langbeen boesmangras is alreeds droog, maar baie ruig wat weereens die
getuies is daarvan dat dit verlede seisoen goed gereën het in die Kalahari.
Verdere getuies is die baie tsammas en suurgras wat duine en duinstrate
oortrek. |
|
Verskeie
grassoorte groei ruig hier. |
|
|

|
Die Kalahari is ook ryk aan
voëllewe, van die klein baardmannetjies wat hul deurmekaar grasnessies in
die swarthake bou tot die grootste vlieënde voël, die gompou, is daar baie
ander wat aangepas is om in hierdie wildernisgebied te oorleef. So ook is
daar jakkalse en volstruise wat kenmerkend is aan gebiede waar daar min is
om van te oorleef.
|
|
'n
Deurmekaar nes van die baardmannetjie in 'n swarthaak. |
|
Die laaste skof van 50 km
voordat die roete eindig, 60 km noord van die Nossob kamp is so gou verby
want almal hou die omgewing dop vir waar die leeus skuil nadat ons hul vars
spore in die tweespoorsandpad gesien het. Ongelukkig kon ons hulle nie
kry nie, maar weereens het ons tot die besef gekom dat dit ‘n voorreg is om
hierdie mooi deel van ons land te kan besoek. |

|
| |
Sy het so stilweg kom water drink en weer
agter 'n groot duin verdwyn. |
|
Nadat ons afskeid geneem het van
die gidse, wat weer moes terug na Twee Rivieren, het ons die 60 km met die
toeristepad aangepak na Nossob. Omdat hierdie pad al langs en in die Nossob
rivier loop, wat ook die grens tussen Suid Afrika en Botswana is, het ons
rustig by die watergate aangery. Tussen die duine het ons baie gemsbokke,
en elande gekry wat baie langer as die springbokke, blouwildebeeste en
rooihartbeeste sonder water kan klaarkom. Laasgenoemde is oorheersend in die
rivier waar water vir hierdie diere, wat in groot troppe voorkom, beskikbaar
gemaak is by wyse van boorgate en damme. Van die gate het windpompe en ander
weer sonpompe wat deur vriende van die Kgalagadi geskenk is. |
 |
| |
'n Gemsbok -
koning van die Kalahari - |
|

|
Ons was pas op die toeristepad
of ons sien sommer twee van die rare groukatte wat in hierdie gebied voorkom
wat rustig in en onder ‘n kameeldoring lê en sit. Gewoonlik sien jy hierdie
katte slegs in die nag wanneer hulle jagmaak op muise, rotte, “sprinkanne in
seisoen” en voëls. By Nossob kamp is daar verskeie waaierstertmeerkatte wat
die kampterrein onder-tonnel het met ‘n netwerk van tonnels. Danksy Agfa is
daar ook ‘n uitkykpunt wat van hout gebou is vanwaar diere by die watergat
rustig bekyk kan word sonder dat hulle van jou teenwoordigheid bewus is.
Hierdie uitkykpunt is ook verlig totdat die kragopwekker afgeskakel word.
Bakoorjakkalse is gereelde besoekers aan hierdie watergat.
|
|
"n Waaierstertmeerkat in
die kampterrein op Nossob |
|
Die Nossob en Auob riviere wat
deur die park loop is beide fossiel riviere, wat alleenlik kortstondig vloei,
gedurende ‘n baie goeie reënseisoen, wat in die geval van die Nossob een
keer in 100 jaar gebeur. ‘n Deel van die Auob “vloei” na oorlewering so
elke 11 jaar terwyl die hele rivier so 2 keer in ‘n eeu mag vloei.
|
 |
Van Nossob is ons na
Mata-Mata, die ruskamp is in die Auob rivier op die
grens met Namibië. In die Kgalagadi word daar nie
van afstand in kilometers gepraat nie maar in tyd. Die spoedgrens is 50 km
per uur, van Nossob tot Mata-Mata neem 2.5 uur mits daar nie gestop word nie.
Dit verg bitter baie deursettingsvermoë om nie te stop om die groot troppe
wild te bewonder nie, so verdubbel die tyd.
Die Mata-Mata omgewing is ook
die tuiste van die 8 kameelperde wat in 1990 vanuit Etosha in Namibië na
hierdie gebied gebring is, hulle getalle het darem al vermeerder tot in die
dertig. Hierdie langnekke is gewild in die omgewing van die Craig Lochart
watergat. |
|
Van die kameelperde
wat hervestig is |
‘n Ander bekende gesig in die Kgalagadi is die reuse neste van die
versamelvoëls. Hierdie neste kan tot ‘n ton weeg en bied ‘n tuiste vir tot
300 van hierdie klein voëltjies. Die vele ander mooi voëls van die gebied
soos die rooiborslaksman, kelkiewyn en korhaan maak dit ook ‘n paradys vir
die voël-entoesias.
|

|

|
 |
|
Versamelnes |
'n Langnekreier |
Korhaan |
Die ablusiegeriewe by Twee
Rivieren is nou onlangs opgradeer en die kampeerplekke by al drie die
hoofkampe het nou kragpunte. Al hierdie rykdom en veraderinge maak dit
moeilik vir die veldry, viertrek en natuur entoesias om tuis te bly.
As dit vir jou lewe is en
persoonlik hierdie wildernisgebied wil gaan ervaar,
kontak ons.
|
|
 |