Kom saam...   bos toe!

2007 TOERE - Klik hier vir meer inligting...

           Hoofblad Waarom Bostoe? Reise en Roetes

Toerusting Toere

 

 

Terugvoer

Kontak Ons

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld

TERUGVOERVORM.

 

Om ons te help om ‘n beter diens te lewer sal ons u terugvoer baie waardeer. Enige iets wat u reken ons kan verander kan vir ons van hulp wees daarom sal ons u terugvoer op die volgende vrae hoog op prys stel.

 

1.  Was die voedsel wat voorsien was genoeg. Het u dit geniet en was dit smaakvol voorgesit. Wat sou u verander het as u dit moes doen.

Kos was baie lekker, genoeg, het die verskeidenheid geniet. Die midagete reëling nie heel duidelik nie.

 

2.  Wat die toer betref het dit aan u verwagting voldoen.

Ja, ek sal die toer miskien net in ‘n ander tyd van die jaar wil doen.

(Was ‘n reccitoer vir blommetyd. Is welkom op Augustustoer. Pieter)

 

3.  Wat was die hoogte punt vir u gewees en waarom.

Die Korbeelhuisie en Varsfontein. Stilte en ruimte. Goeie geriewe. Ook Skurweberg was baie lekker.

 

4.  Waarvan het u nie gehou nie en waarom nie. Hoe sou u dit wou verander.

Die Agterkoproete. Ongemaklik om heeldag te ry. Stap na Maltesekruis was bietjie te haastig gedoen.

 

5.  Is genoeg tyd gegee vir besigtiging en inligting.

Ja. Ek is nie eintlik lief vir museums nie.

 

6.  Wat is u indrukke van die gebied, waar sou u meer tyd wou bestee en waarom.

Na die winter sal dit mooier wees. Meer tyd in Tankwa en kort staproetes.

 

7.  Watter gedeelte sou u nie wou besoek het nie en waarom nie.

Agterkop en Fraserburg se museum en spore.

 

8.  As u verantwoordelik was vir die reelings wat sou u anders gedoen het.

Ek hou van ‘n reisplan wat elke dag se afstand, beskikbaarheid van geriewe, water, hout, asook brandstof aandui.

 

9.  Uit ‘n koste aspek het u waarde vir u belegging gekry. Indien nie wat dink u sou ‘n billike koste wees vir wat aangebied was.

Ek dink dit was baie billik vir alles.

 

10.  As u vriende u vra oor u wegbreek saam met bostoe wat gaan u hul antwoord. 

Dit was goed gereël, bekostigbaar, die kos en gidse was goed.

 

11.  Sal u weer in die toekoms saam met ons wil gaan toer en indien wel waarheen.

As die tyd ons pas gaan ons beslis weer saam. Ons wil nog Richtersveld, Botswana, Kaudom, Mosambiek, Zambië en Tanzanië doen.

 

Kobus le Roux   083 658 1002      laboroux@iafrica.com

 

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld