 |
|
|
Roetekaart: |
GPS Koördinate: |
|
*Klik op
die kaart vir 'n vergroting

|
*Klik hier
om 'n .zip lêer af te laai
met die roete se GPS Koördinate
GPS Koördinate (.zip 6KB)
|
Die roete: Waar om te bly, wat om te sien, wat om
saam terug te bring...
In Junie / Julie 2003 was ons groep weer in
Namibie en die noord-weste van Botswana.
|

|
Die toer het amptelik van die Eastgate
Ruskamp van Deon van Vuuren by Buitepos begin. Van daar het ons met die
D1739 gery na Chris en Johanna Coetzee op Dabis waar ons lekker tee
gedrink het. Van Dabis is ons verder met die D1739 tot waar dit aansluit
met die D1681. By die aansluiting draai ons regs, na 7 km is ons oor die
B6, hoofpad van Gobabis na Windhoek, nou is ons op die M119 oppad na
Helena. Hierdie pad gaan by die 90 grade hoek in die grens met Botswana
verby, (22.00.00 S en 20.00.00 O). Die grens tussen Namibië en Botswana
is 'n draadheining wat weerskante oopgekap is met 'n verdere
draadheining aan beidekante, wat 'n soort van niemandsland afbaken. By
Helena is daar 'n algemane handelaar waar die nodigste gekoop kan word,
ongelukkig word daar nie meer petrol of diesel verkoop nie, net die pomp
is nog daar. |
|
Hierdie
miere het hul huis op die grensdraad tussen Namibië en Botswana
gebou! |
Van Helena is ons met die
D3810 tot waar dit aansluit met die D3301 / D3830. Van die aansluiting
het ons regs in 'n oostelike ringting gery in die
Epukiro omaramba, 'n droë rivierloop, wat plek-plek so toegegroei is
dat jy beswaarlik met die twee spoor paadjie kan ry sonder dat die
boom takke jou voertuig krap. Wat ek met ons omsweringe geleer het is om
my voertuig 'n goeie "was en politoer diens" te gee voordat ons vertrek,
dit beskerm die verf in die bos.
Die Epukiro omaramba met sy windverwaaide duine sluit later aan by die
rooibok omaramba wat ons tot teen die grensdraad met Botswana gevolg het.
Die bees wat ons gekry het was in pragtige kondisie danksy die
rosyntjiebosse wat weelderig groei. Die patrolie pad al langs die grens
is 'n eentonige twee spoor sandpad. Ons oornag toe ook hier langs die
grens. Die volgende dag is ons verder langs die grens op in 'n
noordelike rigting tot ons, ons vas ry teen die grensdraad wat die
Gamblok afbaken. Van die hoek is ons in 'n westelike rigting vir 30
km, al langs die grens van die Gamblok tot by
Gamhek. By hierdie hek moes ons 'n register voltooi
voordat ons die Gamblok mag binnegaan. By die dorpie Gam kry ons 'n
polisiestasie, 'n Algemene handelshuis, 'n klompie Hererovrouens in
tradisionele drag en kinders wat in die pad / straat bal speel.
|
 |
 |
 |
|
Daar is
heelwat wild, alhoewel maar sku... |
Van Gam is daar weer 'n geskraapte pad die C44 na
Tsumkwe. Ons wou die Nya Nya panne besoek en verdwaal omdat
ons gereken het die mees gebruikte pad is die toeriste pad, dit was toe
nie die geval nie en ons maak toe 'n ontdekking dat daar geboor word vir
water toe ons by drie boormasjiene kom. By Tsumkwe oornag ons in die
kampeerterein van die Tsumkwe Lodge van Arno en Estelle Oosthuizen. (Tsumkwe
is ook die tuisdorp van die akteur in Jame Uys se rolprent "The Gods
Must Be Crazy", met ons terugkeer in Suid Afrika lees ons in die
Volksblad dat hy oorlede is net na ons daar was.)
Van Tsumkwe is met die
tweespoor sandpad na Sikerettikamp, die mees suidelike kamp in die
Khaudom. Op hierdie pad, D3303, doen ons eers aan by
Dorslandboom, voordat ons meegedeel word deur die kampopsigter dat
een van die drie hutte wat ons bespreek het, alreeds in 2000 deur 'n
olifant beskadig is. Omdat ons ingerig is om enige plek te kamp
was dit nie vir ons 'n probleem nie. Met ons verblyf en
gesprekke met ander toeriste in die Khaudom, wil dit voorkom asof die
drie hutte oor en oor bespreek word, ons kon vir 'n paartjie van Gauteng
help met slaapplek agter in een van ons voertuie.
|
 |
 |
 |
|
Moes sekerlik een van hierdie gewees het wat ons akkommodasie tot
nuut gemaak het! |
Van ons basis by
Sikeretti het ons rond beweeg na Tsoanafontein,
Soncana en Omaramba watergate. Ons is verder noord na Khaudum kamp en
het aangedoen by Dussi,
Tari Kora, Leeupan en Doringstraat watergate.
Die Khaudom is bekend vir sy sand twee spoor paadjies wat kronkel deur
die bosveldwoud van hardekool, kiaat, wildesering, valsmaroelas en baie
olifante. By Khaudum kamp was ons meer gelukkig met die hutte wat ons
bespreek het. Van Khaudum kamp is ons terug na Sikeretti, doen ook by
die Biackiala watergat aan waar ons baie teleur gesteld was omdat ons
niks gekry het nie. By Soncana word ons beloon met 'n trop van in die
dertig olifante van 'n verskeidenheid groottes en ouderdomme wat stofbad
en hulle dik suip uit die waterkrip. Ons kamp weer by Sikiretti
voordat ons Botswana toe is via die nuwe Dobegrenspos. Hierdie is 'n
nuwe pos wat beman word deur die militêrepolisie aan beide kante. Die
personeel was baie vriendelik en deeglik, alle vorms en nommers van jou
paspoort tot voertuig word behoorlik gekontroleer.
|
|
 |