Kom saam...   bos toe!

TOERE - Klik hier vir meer inligting...

Kgalagadi Distrik

       Hoofblad

 Waarom Bostoe?

Reise en Roetes

Toerusting

Toere

 

 

Terugvoer

Kontak Ons

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld
 
Roetekaart: GPS Koördinate:

*Klik op die kaart vir 'n vergroting

*Klik hier om 'n .zip lêer af te laai met die roete se GPS Koördinate



GPS Koördinate  (.zip 4KB)



 

Die roete:  Waar om te bly, wat om te sien, wat om saam terug te bring...
As ons die suid-westelike Botswana neem, wat bekend staan as die Kgalagadi distrik kan ek die volgende deel.

Ons eerste besoek aan die gebied was in 2000 toe ons by wyse van spreke net deur gery het. Ons is by McCarthy's Rus grenspos in.  Van daar is daar 'n smal teerpad na Tshabong.

Daardie jare het hulle begin om die pad te gruis en tot nou is daar so 53 km voltooi.  Sedert my laaste besoek in Maart 2004 is daar nog nie weer aanstaltes gemaak om die pad verder te gruis nie.  Die Sandhoofweg loop verby die wildtuin tot by Hukuntsi.  Van daar kan jy verder na Ngwatle wat so 80 km verder noord-wes geleë is ry. Van Ngwatle bly die pad dieselfde en word later 3 x twee spoor paaie tot by Ncojane vanwaar die pad weer gegruis is tot by Charleshill naby Mamuno waar die Trans Kgalagadi Hoofweg by die Namibiese padnetwerk aansluit.

Sandpaaie

Die tyd-faktor buite rekening gelaat maak hierdie roete sentraal Namibië ongeveer 400 km nader aan die Noord-Kaap en Vrystaat. Hierdie gebied het in 2003 / 2004 goeie reën gehad, gras staan hoog en die wild is in 'n baie goeie kondisie. Van Hukuntsi is daar 'n teerpad oor Tshane na Kang sou jy moeg word vir sand en nogmaals sand. Brandstof is beskikbaar by Tshabong, Hukuntsi, Kang en Charleshill.

Mabuashehube wildtuin het verskeie panne wat meestal droog is. By die bekendste panne soos Mabuasehube, Lesholoago en Mpaathutlwa is daar storte, put-toilette en opwasplekke met water. By Khiding- en Bosobogolo-panne is daar geriewe sonder water. Die grootste trop elande (+/- 50) wat ek nog gesien het was by Mabuashehube in Maart 2004. By Lesholoagopan het 'n trop van 10 leeus besoekers September 2003 elke aand vergas met hul teenwoordigheid. Hulle besoeke aan die watergat in die laat middag het talle besoekers daarheen gelok, maar vir die kampeerders by daardie pan het die leeus beperk tot hul tente en voertuie, toe nuuskierige jonger leeus gaan kyk het wat maak die mense. Wat kan nou lekkerder wees vir die jong leeus om tou te trek met 'n grondseil!

By Mabuashehube:

'n Skopsuiltjie wat vir 'n hele dag onder die sleepwa teen die wind kom skuil het.

 Die wind speel die met die gras
in die sand.

'n Trop van sowat 50 elande.

Van Khiding-pan kan die Wildernis Roete gery word oor Malatso-pan. Vir die Wildernis roete, wat 'n eenrigting roete is na die Suid Afrikaanse kant tot naby Nossob moet vooraf bespreek word. Hier kry die besoeker die geleentheid om die ware ongereptheid van die Kalahari te ervaar. Streng voorwaardes geld. Ten minste twee viertrek voertuie met 'n maksimum van vyf word toegelaat op enige dag om eksklusiwiteit te waarborg. Om die roete van 150 km te voltooi, wat slegs in 'n westelike rigting gery mag word, word twee dae en een nag toegelaat, hierdie is die toegelate tyd en mag nie verkort of verleng word nie, gemiddelde spoed is 20 km per uur. Besoekers is vir hulle eie veiligheid verantwoordelik. Besoekers moet self-versorgend wees vir die roete ten opsigte van water (minimum 10 liter per persoon per dag) voedsel, brandstof, gereedskap, vuurmaak hout, graaf, twee noodwiele en band herstel toerusting. 
 

Die toer / groep leier is verantwoordelik dat die groep nie buite die spore ry nie en ook net by die afgebakende kampeerplek naby Mosomane- pan oornag. Besoekers word gewaarsku om nie buite te slaap nie en dat tente toe gerits moet wees. Omsigtigheid moet aan die dag gelê word met die maak van kampvure om nie 'n veldbrand te veroorsaak nie, daarvoor is daar spesiale plek alreeds gemaak wat gebruik moet word. Die kat-metode moet gebruik word en 'n gat van nie vlakker as 400 mm moet gemaak word. Alle toilet papier moet verbrand word. Die reël van wat jy in bring moet jy weer terug neem, geld. Sleepwaens word ook nie toegelaat nie.

'n Neushoringvoël

 
Die koste vir die roete was in 2003 BWP 200.00 per persoon per dag wat nie kampfooie ingesluit het nie. Dit word ook sterk aanbeveel om 'n nag voor en 'n nag na die roete in die park te wees, wat nie by die koste van die roete ingesluit is nie.

Alhoewel 'n Oorgrenspark word besprekings nog steeds apart gedoen met geen koördinasie tussen die twee lande se besprekingskantore nie. Op die webtuiste word gemeld dat afgesien van die Botswana Pula, Suid Afrikaanse Rand en Britse Pond ook aanvaar word as betaalmiddel. Die Rand / Pula koers word op twee Rand per Pula gereken. So kry maar vir jou Pulas voordat jy Botswana besoek, dit en die feit dat brandstof ook goedkoper is kan jou vakansie / besoek aan hierdie mooi land nog lekkerder en langer wees.

              Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld
 

Terug na Roetes