 |
|
|
So bietjie
agtergrond...
Ons was 'n groep van 5 voertuie en 11 mense
wat van oral kom, so het ons begin praat as die "van oral groep" as
mense ons padlangs gekry het en wou weet vanwaar ons is. Van die "lede"
van die groep is al afgetree, ander is hul eie baas en ander moet reël
vir vakansie by die werk. So die "loslede" kon 'n week of wat voor
die ander ry en het via Botswana gery en by die res wat later gekom
het aangesluit. |
|
Van die
Lodge het ons tot by Swartbooisdrif gery en by oom Kerneels du Plessis,
aangegaan waar hy onder die bome in 'n huisie woon wat van riete, bottels
en modder gebou is. Oom Kerneels beveel aan dat ons nie langs die rivier
met die DR3700 na Epupa moet ry nie omdat die rivier in vloed was en nog
steeds hoog vloei. Nadat ons vir oom Kerneels gegroet het is ons na die
gedenkmonument, wat op 2 Julie 1953 vir die afstammelinge van die
Dorslandtrekkers wat in 1928 hierlangs teruggetrek het uit Angola, opgerig is gaan
kyk. Die monument is op die pad (DR3701 / 2) na Otjiveze via
Ehomba en
Epembe. By die gedenkmonument is daar grafte van trekkers met bekende
vanne soos Prinsloo, Robberts en Van Eck. Die omgewing word bergagtig met
die Zebraberge aan ons regterkant. Van Otjiveze na Okongwati, hier kan
daar by Candali Store No 3, koue Tafels gekoop word asook noodsaaklikhede
soos seep ens. maar moet nie staatmaak op wonderwerke nie. |
|
|
 |
Net buite Okongwati
het ons 'n tradisionele Himbakraal besoek. Hierdie kraal is gemerk dat
besoekers welkom is en teen betaling kan julle gaan kyk. (Moet nie sonder
toestemming by enige kraal aandoen nie.) Moet nie baie verwag nie want
afgesien van die persoon in beheer, wat die toegangsfooi buite die kraal
bepaal, is daar nie baie ander wat jou verstaan nie. Van die kraal is ons
verder na Epupa. Langs die pad is daar menigte voertuie wat deur landmyne
opgeblaas is asook verwaarloosde windpompe wat dateer uit die grensoorlog.
In die Kaokoveld is daar baie Himbas, wat bekend is vir hulle bedel, wat
aanhoudend skree "sweets" en "foutous vir ten dollah". Daar is ook grafte
soos die een van Ipundua Rutjindo (04.11.1915 - 01.10.1997) met al sy
beeshorings en afgekamp. Ons kom nou
nader aan die Zebraberge, die donker minerale, hoofsaaklik biotiek,
kontrasteer duidelik met die ligter kwarts en veldspate om die nabootsing
van 'n zebravel te gee, vandaar die naam Zebraberge.
|
'n
Wurgplant - dit staan ook
bekend as "luislange" |
|
Die rivier is kant en wal
tot teen die kampplek en 'n gesig wat nie aan mens beskryf kan word nie.
Maak tyd om vir meer as een dag hier te bly mooi was nog nooit lelik nie.
Geriewe baie basies. Dit valle is 'n fees vir die fotograaf. Neem genoeg
film saam. 'n Digitale kamera met ekstra geheue en skootrekenaar is
aanbeveelbaar. Dan praat ons nie eens van videokamera met genoeg film nie.
Wat ook sterk aanbeveel word is om iemand saam te neem wat verantwoordelik
is om die toer op film en band vas te lê. Hierdie persoon moet kan
afklim en fotos neem en dan weer by die laaste voertuig inklim veral
wanneer die terrein grof raak en nie eens te praat van die natuurskoon nie! |
 |
| |
|
Sonsondergang oor Brukkaros
in die suide van Namibië. |
|
|
|