Kom saam...   bos toe!

2007 TOERE - Klik hier vir meer inligting...

       Hoofblad

 Waarom Bostoe?

Reise en Roetes

Toerusting

Toere

 

 

Terugvoer

Kontak Ons

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld

TERUGVOERVORM.                                            ZAMBIë & MOREMI TOER

 

Om ons te help om ‘n beter diens te lewer sal ons u terugvoer baie waardeer. Enige iets wat u reken ons kan verander kan vir ons van hulp wees daarom sal ons u terugvoer op die volgende vrae hoog op prys stel.

 

1.  Was die voedsel wat voorsien was genoeg. Het u dit geniet en was dit smaakvol voorgesit. Wat sou u verander het as u dit moes doen.

Die voedsel en die voorbereiding daarvan was van uitstaande kwaliteit.

 

2.  Wat die toer betref het dit aan u verwagting voldoen.

‘n Toer na Botswana en Zambie is moeilik om te visualiseer as jou blootstelling daar beperk was. Wat ons wel ervaar het, was bo alle verwagtinge en letterlik om elke hoek was daar ‘n onverwagte verrassing.

 

3.  Wat was die hoogte punt vir u gewees en waarom.

Die tiervis vang en die mokoro en motorboot ritte op die Okavango delta. Paaie wat slegter is as waarvan jy kon droom. Die Bokke vat die wêreldbeker.

 

4.  Waarvan het u nie gehou nie en waarom nie. Hoe sou u dit wou verander.

Probeer ‘n ander plek kry dan die Waterfront kampeer terrein naby die Vic valle. Ons het bederf geraak met die alleenkamp op die ander plekke.
Iets wat jy nie sal kan verander nie; maak vrede daarmee dat Afrika niks instandhou nie.

 

5.  Is genoeg tyd gegee vir besigtiging en inligting.

Ja.

 

6.  Wat is u indrukke van die gebied, waar sou u meer tyd wou bestee en waarom

Baie opwindend. Meer tyd by Sakazima Island Lodge.

 

7.  Watter gedeelte sou u nie wou besoek het nie en waarom nie.

100% reg. 

8.  As u verantwoordelik was vir die reelings wat sou u anders gedoen het.

Niks.

 

9.  Uit ‘n koste aspek het u waarde vir u belegging gekry. Indien nie wat dink u sou ‘n billike koste wees vir wat aangebied was.

Goeie waarde vir geld.

 

10.  As u vriende u vra oor u wegbreek saam met bostoe wat gaan u hul antwoord.

Dit was ‘n wonderlike ervaring. Gaan gerus. Jy is in goeie hande.
 

 
11.  Sal u weer in die toekoms saam met ons wil gaan toer en indien wel waarheen.

Ja. Namibië toe.

 

 

Mnr Johanne Botha     083 675 1876     baard.botha@absamail.co.za

 

 

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld