|
TERUGVOERVORM.
Om
ons te help om ‘n beter diens te lewer sal ons u terugvoer baie
waardeer. Enige iets wat u reken ons kan verander kan vir ons
van hulp wees daarom sal ons u terugvoer op die volgende vrae
hoog op prys stel.
1. Was die voedsel wat voorsien
was genoeg. Het u dit geniet en was dit smaakvol voorgesit.
Wat sou u verander het as u dit moes doen.
Dankie Susan die kos was heerlik. Die moerby
getuig alles was oorgenoeg.
2. Wat die toer betref het dit
aan u verwagting voldoen.
Het meer as my verwagting
voldoen.
3. Wat was die hoogte punt vir u
gewees en waarom.
Die vergesigte en verlatenheid.
4. Waarvan het u nie gehou nie
en waarom nie. Hoe sou u dit wou verander.
Die middagete / brunch
reëling nie altyd duidelik nie.
(Jammer vir die misverstand.
Middagetes eie verantwoordelikheid Pieter.)
5. Is genoeg tyd gegee vir
besigtiging en inligting.
Ja, oorgenoeg.
6. Wat is u indrukke van die
gebied, waar sou u meer tyd wou bestee en waarom.
Alles was perfek.
7. Watter gedeelte sou u nie wou
besoek het nie en waarom nie.
Niks.
8. As u verantwoordelik was vir
die reelings wat sou u anders gedoen het.
Die reëlings met eie kos
voorsiening duideliker deurgee, asook wanner sal gestop
word vir tee en middagete.
(Dit was ‘n reccitoer ons
moes ons laat lei met beskikbaarheid van geskikte
stopplekke Pieter)
9. Uit ‘n koste aspek het u
waarde vir u belegging gekry. Indien nie wat dink u sou ‘n
billike koste wees vir wat aangebied was.
Ja Dankie.
10. As u vriende u vra oor u
wegbreek saam met bostoe wat gaan u hul antwoord.
Pieter reël ‘n toer
deeglik en hy doen alles om die toer die moeite werd te
maak.
(Dankie ek is bly jy dink so, ons probeer net.
Pieter.)
11. Sal u weer in die toekoms
saam met ons wil gaan toer en indien wel waarheen.
Ja. Graag.
Dankie, Pieter & Susan
ons het die toer baie geniet.
|