Kom saam...   bos toe!

2008 TOERE - Klik hier vir meer inligting...

       Hoofblad

 Waarom Bostoe?

Reise en Roetes

Toerusting

Toere

 

 

Terugvoer

Kontak Ons

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld

TERUGVOERVORM - KHAUDOM TOER

Om ons te help om ‘n beter diens te lewer sal ons u terugvoer baie waardeer. Enige iets wat u reken ons kan verander kan vir ons van hulp wees daarom sal ons u terugvoer op die volgende vrae hoog op prys stel.


1. Was die voedsel wat voorsien was genoeg. Het u dit geniet en was dit smaakvol voorgesit. Wat sou u verander het as u dit moes doen.

Kos was watertand! Baie lekker.


2. Wat die toer betref het dit aan u verwagting voldoen.

Als was lekker...net die kampplekke waar die ablusie goed nie gewerk het nie / baie sleg was. By hierdie plekke sê liewer dit is ‘n boskamp.


3. Wat was die hoogte punt vir u gewees en waarom.

Al die diere wat ons gesien het in Etosha en al die water in die pan.


4. Waarvan het u nie gehou nie en waarom nie. Hoe sou u dit wou verander.

Als was goed... die Khaudom se los sand en ons bakkie probleme was vir ons bietjie erg!


5. Is genoeg tyd gegee vir besigtiging en inligting.

Ja.


6. Wat is u indrukke van die gebied, waar sou u meer tyd wou bestee en waarom.

Etosha vir die diere, maar als was goed en interesant.


7. Watter gedeelte sou u nie wou besoek het nie en waarom nie.

Khaudom was bietjie rof, amper geen “geriewe” en “gereënde” veld was bietjie uitdagend.


8. As u verantwoordelik was vir die reelings wat sou u anders gedoen het.

My skoonma het alles vir ons gereël, so kan nie hieroor kommetaar lewer nie. Als lyk goed gereël. Ek sou iewers een aand, soos na Khaudom, ‘n lekker “luxuary” verblyf inwerk, net om almal weer te laat moed skep.


9. Uit ‘n koste aspek het u waarde vir u belegging gekry. Indien nie wat dink u sou ‘n billike koste wees vir wat aangebied was.

?. Dink dit was goed.


10. As u vriende u vra oor u wegbreek saam met bostoe wat gaan u hul antwoord.

Julle was goed met als, kos, toer, ekstra inligting en lekker geselsies oor die radios.


11. Sal u weer in die toekoms saam met ons wil gaan toer en indien wel waarheen.

Wil graag Mosambiek toe gaan, maar nie elke dag ry nie. Wil daar lê en vrot.


Daneel en Mari Fourie van Oos London se terugvoer oor die 2008 Khaudom Kaokoveldtoer. Kontak besonderhede. Daneel:- 073 171 4604 Mari:- 083 309 6571 E-pos:- fouriem@hphs.co.za
 

 

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld