Kom saam...   bos toe!

2007 TOERE - Klik hier vir meer inligting...

Hoofblad Waarom Bostoe? Reise en Roetes

Toerusting Toere

Beplanning

Terugvoer

Kontak Ons

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld

TERUGVOERVORM.

 

Om ons te help om ‘n beter diens te lewer sal ons u terugvoer baie waardeer. Enige iets wat u reken ons kan verander kan vir ons van hulp wees daarom sal ons u terugvoer op die volgende vrae hoog op prys stel.

 

1.  Was die voedsel wat voorsien was genoeg. Het u dit geniet en was dit smaakvol voorgesit. Wat sou u verander het as u dit moes doen.

Oorgenoeg – baie smaaklik – ons sal niks verander nie.

 

2.  Wat die toer betref het dit aan u verwagting voldoen.

JA. (Die toerleier moet ‘n digitale horlosie kry!!)

(Sal spaar vir een! My horlosie is nou weer op tyd, die toer is verby. Pieter)

 

3.  Wat was die hoogte punt vir u gewees en waarom.

Die twee staproetes,  en eintlik al die 4X4 roetes.

 

4.  Waarvan het u nie gehou nie en waarom nie. Hoe sou u dit wou verander.

Die Agterkoproete kan hulle net so ‘n bietjie vriendeliker maak. Moet dit asseblief nie uitsluit nie. Pragtige natuurskoon.

 

5.  Is genoeg tyd gegee vir besigtiging en inligting.

Ja, oorgenoeg.

 

6.  Wat is u indrukke van die gebied, waar sou u meer tyd wou bestee en waarom.

Verrassend mooi.  Tyd was genoeg en toer was 100% goed uitgewerk.

 

7.  Watter gedeelte sou u nie wou besoek het nie en waarom nie.

Ons is nie lief vir museums nie. Op so ‘n toer pla dit nie so kom mens ook daar uit.

 

8.  As u verantwoordelik was vir die reelings wat sou u anders gedoen het.

Hoe anders? Sal dit nie beter kan doen nie.

 

9.  Uit ‘n koste aspek het u waarde vir u belegging gekry. Indien nie wat dink u sou ‘n billike koste wees vir wat aangebied was.

Het volle waarde vir my geld gekry. Baie billik.

 

10.  As u vriende u vra oor u wegbreek saam met bostoe wat gaan u hul antwoord.

Jy is ‘n “fool” as jy nie saam gaan nie.

 

11.  Sal u weer in die toekoms saam met ons wil gaan toer en indien wel waarheen.

Ja,  wat van ‘n kusroete toer?  Pieter, Ons sal jou nie dwing vir so iets nie, vat ons liewers Ngoro-goro krater toe.

(Dankie vir gertroue ondersteuning – Pieter)

 

 

Cora en Faan van der Wath  082 565 1199      fanievdw@webmail.co.za

 

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld