|
TERUGVOERVORM.
Om
ons te help om ‘n beter diens te lewer sal ons u terugvoer baie
waardeer. Enige iets wat u reken ons kan verander kan vir ons
van hulp wees daarom sal ons u terugvoer op die volgende vrae
hoog op prys stel.
1. Was die voedsel wat voorsien
was genoeg. Het u dit geniet en was dit smaakvol voorgesit.
Wat sou u verander het as u dit moes doen.
Oorgenoeg en baie lekker dankie. Skoon
bederf. Het Susan net jammer gekry. Dink nie dis nodig om in
te staan vir al die teestoppe en etes nie.
2. Wat die toer betref het dit
aan u verwagting voldoen.
Altyd lekker. Baie dankie
weereens vir ‘n lekker toer – baie geniet. Pieter jy het
die “niks” van die karoo baie interesant gemaak
3. Wat was die hoogte punt vir u
gewees en waarom.
Bo-op Agterkop toe ons so ‘n pragtige blik
kry op die Tankwa Karoo. (Daar waar ek gevra het vir ‘n lang
foto.) Waarom – ek dink dit was die grootste verrassing, het
nie so iets verwag nie.
4. Waarvan het u nie gehou nie
en waarom nie. Hoe sou u dit wou verander.
Niks.
5. Is genoeg tyd gegee vir
besigtiging en inligting.
Ja, dink so.
6. Wat is u indrukke van die
gebied, waar sou u meer tyd wou bestee en waarom.
Verrassend mooi. Miskien
weer in blommetyd
7. Watter gedeelte sou u nie wou
besoek het nie en waarom nie.
By Fraserburg – museam en
oerdinge – nie vir my nie! Maar ek kla nie.
8. As u verantwoordelik was vir
die reelings wat sou u anders gedoen het.
Ek sou vir my ‘n horlosie
gekry het wat beter tyd gehou het!!
(My horlosie is nou weer
op tyd, die toer is verby. Pieter)
9. Uit ‘n koste aspek het u
waarde vir u belegging gekry. Indien nie wat dink u sou ‘n
billike koste wees vir wat aangebied was.
Het vir Susan ‘n keer
gevra of julle nie op ‘n verlies werk nie
10.
As u vriende u vra oor u
wegbreek saam met bostoe wat gaan u hul antwoord.
Gaan saam.
11. Sal u weer in die toekoms
saam met ons wil gaan toer en indien wel waarheen.
Dis ‘n nonsens vraag om
vir my te vra.
(Dankie vir gertroue
ondersteuning – Pieter)
|