Kom saam...   bos toe!

TOERE - Klik hier vir meer inligting...

       Hoofblad

 Waarom Bostoe?

Reise en Roetes

Toerusting

Toere

 

 

Terugvoer

Kontak Ons

 

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld


 

4 X 4 selfrytoere na die volgende gebiede:

 

 

  • Moremi, Savuti en Chobe

Botswana is een van die min lande in afrika waar nog ‘n groot verskeidenheid diere van nader besigtig kan word. Ons toer begin by Maun, hoofdorp, aan die rand van die beroemde Okavangodelta, ‘n unieke waterwonderwęreld. Hiervandaan beweeg ons deur die oorheersende sandlandskap van die Savuti na die Chobe. ‘n Besoek aan hierdie gebied is nie volmaak sonder ‘n bootrit op bie rivier wat drie maal van naam verander in bestek van ‘n paar honderd kilometers nie.

So as ‘n ordentlike wegbreek gedurende die winter deur die Dokter aanbeveel is vir al die probleme by die werk / huis / konkreetmoeras, laai die 4 X 4, gordel vas en bring jou gesin vir ‘n tiendae lange selfrysafari.

Alle voertuie in die konvooi is met radiokontak in verbinding sodat niemand niks sal mis nie.

Verdere navrae.

 

 

 

  • Kom spook met die “Tiere van die Okavango”

Kom vergeet van die daaglikse gestoei om ‘n lewe te maak en kom stoei met die “Tiere” (visse) van die Okavango. Ons sal saamgaan om ‘n foto te neem van daardie ou grote wat weggekom het en die wat in die stof gebyt het vir die rekords vir hulle wat tuis gebly het. As ma nie wil tuisbly nie, ook nie visvang nie, sal ons vir haar neem na Tsodilo en die Mahango.

Vir hierdie weeklange toer het jy nie ‘n viertrek voertuig nodig nie net jou tentjie en visstokke plus daardie toorgoedjies om die grotes mee te vang. Ons sal sorg dat die inderlike versterk word voor en na die dag se gespook.

Verdere navrae.

 

 

·   Botswana, Caprivi en Victoria-valle

Ons toer begin by die Khama Rhino Sanctuary oor Kubu Eiland en Maun na Tsodilo Hills. Daarna die Caprivi, Chobe en stop by Livingstone nadat ons ‘n besoek gebring het aan een van die sewe wonders van die węreld en ook węrelderfenisgebied, die Victoriavalle. Kubu Eiland en Tsodilo Hills se raaiselagtige en geestelike eienskappe is van spesiale belang vir die San mense wat baie jare gelede hier gebly het.  Die Chobe is ‘n diereparadys met uitdagings vir die fotograaf om daardie spesiale foto te kan vaslę. Ons verblyf in die Chobe sluit ‘n bootrit op die rivier in wat vir geen geld gemis mag word nie.

Pak daardie viertrekvoertuig en kom geniet die wildernis en uitdagings wat Botswana bied met ‘n winter selfrysafari.

 Verdere navrae.


 

 

 

 

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld