Kom saam...   bos toe!

TOERE - Klik hier vir meer inligting...

       Hoofblad

 Waarom Bostoe?

Reise en Roetes

Toerusting

Toere

 

 

Terugvoer

Kontak Ons

 

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld


 

Afrika 2010 Prente 

 

 

Afrika 2010

 

In 2008 het ons gaan kyk hoe lyk dit noord van die Zambezi tot so drie grade noord van die ewenaar.  “Wanneer gaan julle weer?”  hoor ons gereeld. Dit voel ook al of alles in 2010 moet gebeur. Lees ook op agterpaaie deur Afrika vir ‘n idee wat verwag kan word.

 

Ons begin by Khama Rhino Sanctuary, maak ‘n draai in die Makgadikgadi-panne, Moremi, Savuti, Chobe in Botswana. Kyk hoe val die Zambezi by Vic-valle in ‘n skeur, ontspan op ‘n eiland in die Kariba, vang vis by ‘n luukse bosherberg langs die Kafue rivier. Kry ‘n gevoel van ‘n “mak Afrika stad” in Lusaka. Neem die “great north road” tot in Tanzanië.

 

Met agterpaaie verby Katavi tot by Kigoma, ontspan op ‘n privaat strand langs die Tanganjikameer. Kyk gorillas in Rwanda, neem foto’s by die ewenaar, soek mensape in Queen Elizabeth park. Doen ‘n bootrit op Afrika se langste rivier, kamp in die veld langs die Albertmeer, raak verlore in Kampala, kom weer tot jou sinne by “The Haven”,  speel wegkruipertjie in die “potholes”.

 

Oornag langs die Victoriameer, kyk wild in die Maasai Mara, kuier by blanke boere by Narok en besoek ‘n roosboerdery by Naivasha meer in Kenia. Gaan loer na die hoogste berg in Afrika van Amboseli. Doen ‘n sirkelroete via El Donyo Lengi, Natronmeer, skeurvallei, Serengetti, Ngorongoro-krater tot weer by Arusha. Asem skoon berglug in hoog op die Umsambaraberge.

 

Kuier langs die Malawi-meer, doen nagrit in die South Luangwa en kruis hierdie rivier met ‘n hangbrug. Kyk wat is oor in Zimbabwe en sluit die toer af in ‘n wêrelderfenisgebied in Limpopo.

 

Diegene wat die tyd het om ons vir drie maande te vergesel met hierdie selfrytoer is welkom om ons te kontak by info.bostoe@lantic.net vir verdere inligting. Dié wat nie wil tuis bly nie en kan wegbreek vir korter periodes is ook welkom om ons te kontak vir saamrygeleenthede.

Verdere navrae.

 

 

 

 

Kaokoveld - Khaudom - Namibië - Richtersveld