
4 X 4
selfrytoere na die volgende gebiede:

Kaokoland is seker een van die
min werklike wildernis gebiede in Namibië, geleë in die noordwestelike hoek
van die land aangrensend met Angola. Gerugte van die moontlikheid dat een
van die mooiste verskuilde plekke in Namibië, die Epupa-valle, gaan verdwyn
as die beoogde dam in die Kunene gebou gaan word maak dit meer en meer
dringender om hierdie ongelooflike gesig te gaan sien. Dan is daar ook nog
seker die moeder van bergpasse, die VanZijlspas, en nog ‘n asemrowende
uitsig oor die Marienfluss van die uitkykpunt bo-op Van Zijlspas. Die Puros
omgewing is ook nog ‘n verskuilde juweel in Kaokoland en as die geluk aan
jou kant is daar die moontlikheid van woestyn olifante wat in hierdie gebied
hou. Ander hoogte punte op hierdie toer is ‘n besoek aan ‘n tradisionele
Ovahimbakraal, Palmwag ‘n oase in die dorre gebied.
Al gehoor van ‘n klipwoestyn en
poepstof maar nognie gesien of beleef nie, dan is dit die tyd om daardie
viertrekvoertuig te pak, koers te kies, rigting noord Namibië. Hierdie 14
dae selfrysafari begin in Etosha en eindig in ‘n “klein Duitsland” in
Namibië, Swakopmund.
Ons voorsien tweerigting radios
op ‘n geslote kanaal vir elke voertuig vir die duur van die toer en sorg ook
vir die nodige herwinnigstoerusting sou ons dit nodig kry.
Ons kan ook aanpassings maak om
by u behoeftes en voorkeure aan te pas.
Verdere navrae.

Die Khaudom is geleë in die noord
oostelike hoek van Namibë, suid van die ingang tot die Caprivi. ‘n Verlate
gebied met diep sand tweespoorpaaie. ‘n Besoek aan hierdie gebied met stilte
en helder sterrehemel gee jou kans om te vergeet van die geharwar en gedruis
van die stad. As deel van Boesmanland met nog ‘n paar van hierdie mense wat
nog van die veld lewe en met sy reuse kremetartbome en panne is hierdie
gebied ‘n moet vir die natuurliefhebber. Vanwee die ligging kan ons hierdie
toer laat aanpas by u spesiale behoeftes, deur of die Caprivi of wes
Botswana in te sluit. Die beste tyd vir ‘n besoek is laat winter vroeg lente
net na die val van die eerste lente reën wanneer daar ook ‘n migrasie in die
kleine plaasvind.
Verdere navrae.

‘n Land van kontraste en ‘n
ideale gebied om ‘n wegbreek vakansie heen te onderneem. Van die suide tot
die noorde, ooste en weste, maak jou keuse en ons beplan vir jou ‘n
onvergeetlike “komweer” toer, vir die viertrek entoesias sowel as vir
diegene wat nognie een aangeskaf het nie.
Na ‘n toer saam met ons in jou
eie voertuig sal julle nie kan wag vir die volgende vakansie om die
buitelewe te gaan geniet nie. Ons groepe word beperk tot 10 – 12 persone (5
– 6 voertuie). Vir die duur van die toer voorsien ons ‘n tweerigtig-radios
vir elke voertuig en vergesel die groep in ons tenvolle toegeruste voertuig.
Ons voorsien ook ontbyt en heerlike aandete.
Verdere
navrae.
|